SAKBK Pastorale brief ter voorbereiding van Suid-Afrika se verkiesings in 2009
Ontwaak! Ontwaak! Beskerm ons demokrasie
17 Februarie 2009
Liewe broers en susters in Christus,
Ná 15 jaar van demokrasie is ons weer gereed om ’n nuwe regering te verkies. Die opwinding oor die einde van apartheid en ’n nuwe stemervaring in die “wonder”-verkiesings van 1994, toe God ons gebede verhoor het, is verby. Suid-Afrika is ’n opkomende demokrasie met al sy vurige debatte, botsende belange en ’n gepaardgaande magstryd.
Uitdagings
Ons het die laaste jare ver gevorder as ’n nasie. Ons dank God vir die wyse en onbaatsugtige leiers wat ons gehelp het om dit te bereik én vir die welwillendheid van so baie van ons mense. Tog is almal van ons baie bekommerd oor die enorme uitdagings wat ons steeds die hoof moet bied. Ons weet daar is geen maklike oplossings nie vir probleme soos:
- Armoede, die groeiende kloof tussen ryk en arm, stygende pryse en gebrekkige werkgeleenthede;
- Swak behuising, openbare dienste en dienslewering;
- Verbrokkelende gesinne, die toename in huisgeweld en tienerswangerskappe;
- Seksuele uitbuiting en alkohol- en dwelmmisbruik;
- Die toename in aborsies;
- Die hoë misdaad- en geweldvlakke, en ’n langsame, dikwels ondoeltreffende regstelsel;
- Die verswakking van openbare instellings wat veronderstel is om ons demokrasie te versterk, soos die SAUK en die howe;
- Die stygende MIV/vigssyfer en die lot van weerlose kinders;
- Die swak gehalte van ons onderwys; en
- Die instroming van migrante en vlugtelinge en die gepaardgaande xenofobie.
Hierdie en talle ander probleme is ’n ernstige uitdaging vir enige regering en elkeen van ons moet besluit watter party se beleid en toewyding kan dié uitdagings doeltreffend die hoof bied. Dit is belangrik om ’n bepaalde party se algehele beleid te toets aan Evangeliese waardes soos die bevordering van lewe, menswaardigheid en geregtigheid in die genoemde kwessies.
In die lig van die naderende verkiesings wil ons, julle biskoppe, ons kommer oor ons jong demokrasie uitspreek en oor hoe dit behoort te wees. Terwyl daar baie positiewe en gesonde debat is oor wat dit beteken om ’n demokrasie te wees is ons bewus van die neigings wat dit na ons mening bedreig. Al verskil ons situasies weliswaar, herinner die tragedies ná die verkiesings in Kenia en Zimbabwe ons dat ons nie ons waaksaamheid durf verslap nie en dat die behoud van ware demokrasie ’n voortdurende uitdaging is.
Waarteen moet ons waak?
1. Waak teen blinde lojaliteit
Ons moenie bloot vir ’n party stem omdat dit die een is wat ons nog altyd ondersteun het nie (’n houding van “My party, reg of verkeerd”). Elke burger moet hom of haar afvra of die party wat hy of sy in die verlede ondersteun het, werklik bydra tot die vooruitgang van ons mense. In navolging van Jesus se begrip van solidariteit in Markus 3:35 moet ons allereers lojaal teenoor ons mede-burgers én die welsyn van ons land wees, nie teenoor ’n bepaalde party of leier nie: “Dié wat die wil van God doen, daardie een is my broer en suster en moeder”. Dit is nie verkeerd om ons partykeuse te verander nie. Inteendeel. Dit is soms noodsaaklik as ons die demokrasie dinamies en gesond wil hou. Laat ons onthou dat ons in ’n ware demokrasie nie op grond van ras, taal, stamverwantskap of kultuurgroep moet kies nie, maar op grond van die beleidsrigtings en standpunte van die verskillende partye.
2. Waak teen onverdraagsaamheid en intimidasie
Vryheid van spraak gee niemand die reg om skeldtaal teenoor ander te gebruik nie. Ons moet dus versigtig wees dat ons nie iets sê of doen wat ander met vrees vervul en só hul vryheid beperk nie. Onder dié optrede is onverdraagsaamheid, of dan ’n gebrek aan respek vir ander se standpunte en opvattings, en pogings om ander te dwing om op ’n bepaalde manier te stem. In Lukas 6:35 word ons herinner om “ons vyande lief te hê en goed vir hulle te wees”. Daarom is die gebruik van gewelddadige taal en dreigemente heeltemal onaanvaarbaar. Anders as in tye van stryd teen verdrukking, is die opponent in ’n demokratiese konteks nie langer iemand wat verslaan moet word nie, maar is eerder ’n mededinger wat my uitdaag om my eie waardes en opvattings te ondersoek.
3. Waak teen korrupsie
Korrupsie (insluitend die voortrekkey van familielede en vriende vir werkgeleenthede) maak al die vordering ongedaan wat ons in ons stryd om geregtigheid bereik het. Dit ontnugter mense en maak hulle magteloos en hopeloos. Dit verswak hul openbare deelname en vernietig die hart van ’n demokrasie. Ons moet almal aandring op die volgehoue aanspreeklikheid en diensbaarheid van ons leiers op alle vlakke, met die hulp van al ons instellings sodat ons korrupsie in ons samelewing kan teenwerk. Ongelukkig is baie mense bang om korrupsie te pak omdat hulle soms self maklik in die versoeking kom om in die een of ander vorm van korrupsie betrokke te raak, selfs al is dit iets so “gering” soos ’n gunsie van vriende in magsposisies of belastingontduiking. Ons moet almal self die versoeking weerstaan om korrupsie te pleeg, soos Matteus 7:5 leer: “Haal eers die balk uit jou eie oog, sodat jy goed genoeg kan sien om die splinter uit jou broer se oog te haal”.
4. Waak teen liewer niks doen nie
In ’n ware demokrasie word alle burgers geroep om deurlopend deel te neem en die kwessies te pak – nie slegs in verkiesingstyd nie. Baie van ons doen liewer niks nie omdat ons voel ons het nie die mag om verandering te bewerkstelling nie. Dit ontwikkel maklik in afhanklikheid; ons wag dan liewer op die regering om iets te doen. As die burgers hulle onttrek en nie moeite doen om te gaan stem nie, word diegene in magsposisies toegelaat om te doen wat hulle wil sonder vrees dat hulle tot verantwoording geroep sal word. Ons word in Mattheus 7:21 herinner dat “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is”. Laat ons ons daartoe verbind om saam ons land en ons demokrasie te bou, en betrokke te raak op ’n manier wat hoop sal gee aan diegene wat nog wag op ’n beter toekoms.
Ons rol as Christene
As Christene word ons geroep om met alle Suid-Afrikaners saam te werk aan die groei en versterking van demokratiese waardes en praktyke. Ons glo dat Jesus Christus ons op die weg na die volheid van lewe lei. In dié gees word ons dan spesifiek geroep om oor die volgende eise van ons geloof na te dink:
1. Ons moet die kernelemente van ons Katolieke maatskaplike leerstellinge bevorder, waaronder:
a. Respek vir lewe en menswaardigheid;
b. Maatskaplike verantwoordelikheid en die gemeenskaplike welsyn;
c. ’n Regverdige verdeling van rykdom en hulpbronne;
d. Die belangrikheid van deelname; en
e. Deernisvolle solidariteit met die armes en die gemarginaliseerdes.
2. Ons moet luister na die behoeftes van die armes en die gemarginaliseerdes en hulle ons prioriteit maak;
3. Ons moet die moed hê om tussen ons vriende, bure en kollegas en in ons politieke optrede op te staan vir ons oortuigings; maar laat ons ook respek toon vir ander se mening en bereid wees om van hulle te leer;
4. Laat ons gesinswaardes en die waardes van ubuntu bevorder deur individualisme en hebsug te betwis;
5. Laat ons respek vir die oppergesag van die reg bevorder en eis dat ons politieke leiers dieselfde doen; en
6. Laat ons wakker en waaksaam wees vir alles wat ons demokrasie bedreig.
Oproep tot gebed
Om ons te help om ons rol as Christene te vervul vra ons elke parogie om van nou tot die verkiesings ’n gebedswaak te hou. Ons vra ook dat die volgende gebed, of ’n soortgelyke een, in dié tyd in elke Mis by die Gebed van die Gelowiges ingesluit word:
“Here, ons bid dat ons naderende verkiesings ons demokrasie sal verdiep, en dat ons ons burgerlike pligte verantwoordelik en met respek vir die regte van ander sal uitvoer. Mag ons keuses vir die armes hoop bring, eenheid onder al ons mense en ’n veiliger en vrediger toekoms vir ons kinders.”
Ons hoop dat al dié gebede ons tot optrede sal aanspoor sodat die Kerk ’n sterk krag word in geregtigheid en vrede in ons geliefde land.
God seën Afrika.
Aartsbiskop Buti Tlhagale
President
Suider Afrikaanse Katholieke Biskoppe Konferensie
To download the pdf format of this letter, click here
To download the "Reflections for small groups" in Afrikaans, click here
To read this letter in English, click here
To read this letter in Zulu, click here
To read this letter in Xhosa, click here
To read this letter in Sotho, click here
To read this letter in Setswana, click here
To read this letter in Sepedi, click here
To read this letter in Portuguese, click here

Last Updated on Wednesday, 18 February 2009 15:08